Found at: http://www.rallystar.co.za/article/articleprint/1836/-1/33/

Weskus Midas Vredenburg Skattejag


Home RALLYSTAR ARTICLES Motorsport Clubs

Fossil Park
WesKus Midas Vredenburg het nie net hul naam aan die gewilde Witzenberg Motorklub skattejag verleen nie, eienaar Kobus Coetsee het self agter die stuur ingeskuif en met Kobus Fourie as navigator word hul na n middag se groot pret aangewys as die algehele wenners. Met n totaal van slegs 43 punte uit n moontlike 64 agter hul naam was daar beslis ook n paar klassieke antwoorde te bespeur.
Kobus Coetzee


Beoordeling is met groot genade toegepas om die nuwelinge se moed hoog te hou en tweede plek word ingeneem deur Christine Coetsee en Dina Fourie. Een elk nou in hierdie huishoudings want die mans seëvier hierdie keer. Goedemoed se Neil Muller en Lyle Blom het n gros ondersteuners saam in die VW Caravelle gehad en met tye is daar behoorlik debat gevoer oor waar volgende. Iets het reg gewerk want hul was een van die sewe spanne wat beide handtekeninge gekry het. LMB Langebaanweg se eie Vossie “niemand ken hom as Drikus nie” en Suleen Vorster behaal n bemoedigende vierde plek in hul Nissan Sentra met Vredenburg se Lourens en Marlene Janse van Rensburg vyfde in hul Mazda 626. Beide lede van die telekommunikasie afdeling so gevolglik moet ons aanneem dat hul mekaar werklik goed verstaan.

Peter Church Snr
Peter Church Jnr en Chrisna Smit was na n lang afwesigheid weer terug en hul behaal n goeie sesde posisie in hul Honda Ballade 1600 en het dit soveel geniet dat hul weer onderneem het om aktief betrokke te bly in die klub aktiwiteite. Die ongelukkgste span van almal was Kraaifontein egpaar , John en Sereta Ramshaw in hul Ford Laser 1600. Hul het vir baie genot gesorg deur vroeg reeds te verdwaal en die beginpunt n tweede keer te besoek. Ondanks hierdie glips behaal hul puik punte en is die enigste span wat volpunte kon aanteken op die tweede lys vrae. Hul moes veel hoër geeindig het .

Beatrice, Inus, Bernadette, & Pierre
Pierre en Beatrice van der Westhuizen het Piketberg verteenwoordig in hul Mazda Drifter 4x4 en is normaalweg onstuitbaar in hierdie byeenkomste. Hierdie keer moes die klub voorsitter en tesourier egter met agtste plek tevrede wees. Pa en dogter , Wynand en Carin van Wyk , het hulself goed laat geld in die VW Golf 1300 en hul negende plek moet nie onderskat word nie. Hierdie gaan nog n gedugte Vredenburg span word en die spangees binne die motor was puik met nie minder as drie navigators om Wynand se ore krom te maak. Raadslid Inus Bester het Bernadette Venter se roete gevolg en die Honda Ballade 1600 behaal n bemoedigende tiende plek. Of dit wys was om n fotograaf en politikus in dieselfde motor te laat deelneem moet bevraagteken word.
Inus Bester









Erika Venter
Plaaslike koerant redaktrise, Erika Venter, het manlief Kenneth blameer vir die elfde posisie wat hul behaal het in die familie Mazda 323 en was dit eens dat plaaslike kennis deeglik beproef word met sulke byeenkomste en is nie noodwendig altyd n voordeel nie. Daardie vals selfvertroue wat ontwikkel met ek weet waar ek is houding kom vinnig aarde toe ! Net soos die meeste ander kenners van die Weskus moes hul erken dat daar tog iets geleer kan word.

Vredenburg egpaar, Neville en Jessica Gleeson, het die twaalfde plek ingeneem in hul VW Jetta 1.8 en die wit VW Caravelle 2.5 van Phillip en Ebeth Botes dertiende. Unicom Services se Marius en Leatitia Bester neem die veertiende plek in met hul Mazda 323 terwyl die bekende Weskussers , Peter en Fredeline Church, vyftiende was in hul Honda Ballade 1600. Peter was die vorige aand een van die vermaaklikheid stêrre in aksie by LBWG en was min beindruk dat die Jnr weergawe hom kon klop.
Agriotherium Afrikanum


Oudergewoonte was die nasien van die antwoorde amper meer pret as die byeenkoms self en na aanleiding van die gelag tydens die prysuitdeling het die deelnemers self van die komiese antwoorde geniet . Die werklike afstand wat die spanne moes voltooi was 72.65km en daar was selfs iemand 102km vermag het.
Ons sal nie name noem nie, maar een span het gespog met n eindtotaal van –80 punte.

Deelnemers is op n kort toer van die Weskus geneem en hul moes Twisfontein-Prosesfontein-Vredenburg aandoen alvorens hul rigting moes inslaan na Saldanha. Kort voor Saldanha het hul die Weskus ovaalbaan en lughawe aangedoen voordat hul vort is na Saldanha Staal se enorme kompleks. Kort voor Club Mykonos is rigting Namakwa Sands ingeslaan en weer om Saldanha Staal voordat die Weskus Spens hul weer sou terugneem na Langebaanweg.
Patrick Vermaak
Dané en Tania




Vrae het ingesluit die opspoor van n Agriotherium Afrikanum en teen alle verwagtinge het almal die uitgestorwe Afrika Beer in die Fossiel Park (ou Chemfos myn) raakgeloop. Die benaming van Vredenburg se grootste vonkprop (NGK) het verskeie spanne uitgevang en die 1875 benaming van Vredenburg het n taamlike Twis veroorsaak . Wonder of Danco Signs weet dat hul nommer deurskakel na SA Brouerye ? Rpaettesrorn vertaal na Paternoster. Die vyf baaie by die Weskus Spens is nie Alexanderbaai – Yzerfontein ens nie. Om sake behoorlik om te krap was die skedule in Engels uitgewerk deur die bekende komediant van Saldanha , John McLinden.

Feetjie Floors
Sal iemand asseblief die feëtjie in motor nommer drie inlig dat die byeenkoms reeds Saterdag afgesluit het !
Dit was werklik goed om te sien hoveel pret die onderskeie deelnemers gehad het en bewys weereens dat motorsport tog deur n hele familie geniet kan word. Spesiale dank aan Pippa Haaroff , Annamarie en Alet wat soos die graf geswyg het wanneer inligting gevra is .
Pippa Haroff


Nou ja, ons kort net n plek om Leon te maak sit en die latynse verwerking van die Subaru naam en ons is reg vir die volgende skattejag !

Receivers email:

*

Your email:

*



| Back to normal page view | Send this article to a friend |