Found at: http://www.rallystar.co.za/article/articleprint/2036/-1/198/

Nuwe motorsport talent in die Kaap


Home RALLYSTAR ARTICLES Motorsport News Classic Rally News

Soos oud president Nelson Mandela sal beaam lê die krag van môre se mag in vandag se jeug en hierdie stelling word daagliks in sport bevestig waar die ou manne gereeld uitgestof word deur die ontluikende jeug. Wanneer daardie sogenaamde ouman boonop deur sy eie bloed uitgestof word word dit egter ‘n teer sakie !

Bekende ovaalbaan renjaer, Jimmy Green, moes verlede Saterdagaand die knie buig en met tweede plek algeheel tevrede wees in die finaal van die 1660cc klas tydens ‘n teerbaan byeenkoms van die Cape Helldrivers op die Killarney ovaalbaan. Nou ja, die Weskaap Bakwerke Ford Fiesta was oudergewoonte puik voorberei in die kenmerkende swart en groen en hoewel hy senior genoem kan word, mag hy nogal ‘n speek swaai wanneer die wil daar is.

Aan die voorpunt van die veld was daar egter ook ‘n swart en groen motor met ‘n Green agter die stokke, maar dit was sewentienjarige Brennon wat hierdie MkI VW Golf 1660 met verstommende volwassenheid bestuur het. Waarom die groot bohaai ? Dit was die jongman se eerste poging op ‘n teerbaan en slegs sy tweede motoorsport byeenkoms ooit as bestuurder en die Cape Helldrivers benoem nie maklik ‘n besoeker as die bestuurder van die dag nie !

Ja, Robby Ferroli van Ferroli Performance Centre het die 1660 enjin gebou, maar so jaag die opposisie ook met sy enjins en die swart Golf se vering was nog feitlik standaard. Advies van die ervare Richard Griessen het die span enkele veranderings laat aanbring, maar nie naastenby soveel as die opposisie nie. Vloekskoot, nogal nie want sy debuut as renjaer was tydens die laaste byeenkoms op die grond ovaal van die Weskus Motorklub en hier het hy met ‘n standaard 1600 enjin gejaag. In die finaal het Brennon sy weg gebaan van laaste op die rooster tot by die voorloper voordat die enjin genoeg geroep het. Sy vertning was egter so indrukwekkend dat hy sy debuut afgesluit het as die bestuurder van die dag.

Twee byeenkomste en twee keer bestuurder van die dag op twee uiteenlopende oppervlaktes is imponerend in enige taal en die jong talent sal eersdaags deur die ervare Terry Moss op die Aldo Scribante renbaan digby Port Elizabeth evalueer word vir ‘n moontlike loopbaan op die renbane van Suid Afrika. Intussen gaan die jongman konsentreer op grond ovaalbaan wedrenne met ‘n opsie om later sy hand te waag in tydrenne.

Kom evalueer gerus sy talent op 22 November wanneer die volgende byeenkoms by die Weskus Ovaalbaan aangebied word. Goeie nuus vir die meisies is dat hy nogal aantreklik is ook !

Brennon Green

Receivers email:

*

Your email:

*



| Back to normal page view | Send this article to a friend |