Found at: http://www.rallystar.co.za/article/articleprint/2231/-1/197/

Malmesbury Motors Kleigat Naeltydren


Home RALLYSTAR ARTICLES Motorsport News Club Mykonos Gymkhana Series

Stephan van Dyk / Mark Pym - N4 Subaru Impreza STi 4x4 Turbo
Stephan van Dyk en Mark Pym het hul House of Subaru / Revolution Technologies GpN4 CPMCC Subaru Impreza STi 4x4 Turbo het ‘n maklike eerste plek algeheel behaal tydens die Malmesbury Motors / Kleigat Naeltydren verlede Saterdag. Blitsig vanuit die blokke het die span beindruk met ‘n vasberade poging op die vooraand van hul nasionale tydren debuut in Natal.
Ons het gesê: “Bring jou eie eetgoedjies” – maar wat te erg is, is te erg” of is dit Mev en Mnr Vermaak? RallyStar Ed.




Mike Nathan en Pieter Euvrard was self in vasberade luim en die klas A6 Aluminium Window Industries / WBMK Toyota Conquest RSi 1600 is aangespoor tot ‘n puik tweede plek.
Ettiene du Toit / Patrick Vermaak


Ondanks die feit dat hul met geen odometer of interkom moes deelneem was Ettiene du Toit en Patrick Vermaak tevrede met derde algeheel in die GpN2 Wimpy Century City Toyota Corolla RXi 1600. Hierdie motor beloon ‘n skoon en netjiese benadering en die span het teen die einde van die dag tegnies begin vordering toon.




Nishaad Murudker / Patrick Vermaak
Vierde plek is ingeneem deur die klas S3 Murway Car Hire Toyota Conquest RSi 1700 van Nishaad Murudker en Patrick Vermaak en ook hier het die oefening vrugte begin lewer. Nie te lank gelede nie sou enige tydrenner sy voortande offer vir ‘n 1700 Conquest en nou het tegnologie selfs ‘n N2 Corolla tot ‘n hoër standaard ontwikkel.
Hooffotograaf vir die dag? Thorsten Pey







Vyfde posisie is ingeneem deur die CCMCC klas S2 VW Golf MkI 1600 van André George en Hilton Auffray met Nishaad Murudker en Garth Scholtz sesde algeheel in dieselfde klas S3 CCMCC Murway Car Hire Toyota Conquest RSi 1700.



Jean du Plessis
Jean du Plessis, Jaen Fouché en Inus du Plessis het mekaar die stryd aangesê op die rug van ‘n Yamaha 200cc vierwiel motorfiets en het in hierdie volgorde geeindig. Die nigste bakkie om die byeenkoms te voltooi was die Ford Courier 2.5 Turbo Diesel van jean du Plessis en Dewald Basson. Kompleet met snorkel het die voertuig bietjie uit plek gelyk in die droë stowwerige toestande.
Jean du Plessis / JC Barnard in the S2 Toyota Corolla TRD 1600





Elke span het die 2.8km roete twee keer voltooi in beide rigtings met slegs hul vinnigste tyd in elk in ag geneem vir die uitslag. Probleme was daar wel vir enkele spanne. Jean du Plessis en JC Barnard het die fut uit hul klas S2 Toyota Corolla TRD 1600 gespring, wat ook beteken het dat Inus du Plessis en Jean Fouché nie die byeenkoms kon voltooi nie.



Jon & Rob Williams
Jon Williams was teenwoordig in die klas A6 Trident Press Toyota Conquest RSi 1600 en was beslis in staat tot ‘n top drie posisie, maar elektriese probleme het die span se planne om drie verskillende navigators te beproef in die wielle gery. Jannie du Plessis en Inus du Plessis het hul Ford Courier 2.5 Turbo Diesel goed opgewen op die eerste roete, maar moes ongelukkig vroeg vertrek en kon die tweede sneldeel nie voltooi nie.
André George / Hilton Auffray




Dit was bemoedigend om soveel toeskouers teenwoordig te sien en hul samewerking en netheid word hoog op prys gestel. Die 1989 WP tydrenkampioen, Innes Murudker, en oud tydrenner, Wynand Loubser, slegs enkeles wat onder die toeskouers opgemerk is.
Ettiene du Toit / Patrick Vermaak

Juliet - die mees energieke hond denkbaar. Het heeldag so aangegaan !

Attached files

Kliek om finale resultate Kleigat sneltydren oop te maak
Kliek om finale resultate Kleigat sneltydren oop te maak

Receivers email:

*

Your email:

*



| Back to normal page view | Send this article to a friend |