Rally Events Photos Competition

Subaru Cape Tydren – STREEKSKAMPIOENSKAP
author: Patrick Vermaak
Die veelvuldige SA en WP tydrenkampioen, Serge Damseaux, en navigator, Robert Paisley, sal die WP aanslag gedurende Subaru Cape Tydren in hul dominerende klas A8 Castrol Toyota Run X RSi 2.0 lei, en hul mikpunt sal natuurlik wees om die SA titel dan reeds te bevestig.

Jean-Pierre Damseaux en Cobus Vrey het vanjaar effe in die skadu van Etienne Lourens en André Vermeulen gejaag in klas A7, maar die Span Total Toyota Corolla RXi 2.0 het pas koning gekraai in die Bredasdorp Tydren. Hulle kan dus met nog ‘n WP titel bykans verseker, hul nou daarop toelê om hul meer ervare spanmaats die stryd aan te sê.

Die 2003 FIA Afrika kampioen bestuurder, Fernando Rueda, het Pierre Arries as navigator in die Motion Vehicle Wholesalers Mitsubishi Lancer 4x4 Turbo Evo VII en hy will nie net die Gp N4 Subaru oormag die loef afsteek nie, maar ook ‘n algehele oorwinning behaal.

Werner Koekemoer en Graham Hooper in die Subaru Impreza GT
Reën kan sake makilker maak vir die Gp N4 spanne en indien dit werklik nat is kan Werner Koekemoer en Graham Hooper hulself ook puik laat geld in die ouer Autospot Subaru GT 4x4 Turbo. Asof die stryd nie reeds fel genoeg aan die voorpunt van die WP aanslag is nie, is daar ook Enzo Kuun in die Sasol klas A8 VW Golf GTi 2.0 met die baie ervare Guy Hodgson, wat in aggeneem moet word.


Mike Nathan en Rikus Smit
Mike Nathan en Rikus Smit durf hul tweede byeenkoms die jaar met die ex-Diffie Marais klas A6 Aluminium Window Industries Toyota Conquest RSi 1600 aan, terwyl die pa en seun kombinasie van Jon en Doug Williams, met elke byeenkoms verbeter in die ex-Serge Damseaux klas A6 Trident Press Toyota Conquest RSi 1600. Charl Strydom en Sakkie Bosman beman die ex-Pierre Goosen klas A6 Sabre Paints VW Golf CSL 1600 en nog ‘n bestendige vertoning kan van hierdie kombinasie verwag word.
Charl Strydom en Sakkie Bosman


Paul Pfeiffer en Duncan English het derde algeheel geëindig tydens die onlangse Bredasdorp Tydren met die Evo VI Lancer van Fernando Rueda, maar hierdie keer is hul weer in aksie met hul klas A6 Toyota Corolla RXi 1600. Abduraghman Amlay en Yusuf Ganief in die Amlay Motorsport Toyota Corolla RXi 1600 en die soortgelyke React RXi van Andy Haigh-Smith en Gerald Brace sal op WP vlak die Pfeiffer span se bedreiging wees.
Abdughagman Amlay en Yusuf Ganief in die Amlay Motorsport Toyota


In GpN2 sal Richard Behm en Grant St Clair kragte meet om algehele oorwinning in die haastige Palbin Pallets Toyota Corolla RXi 1600 met plaaslike ondersteuning van Wessel Venter en Patrick Johnson in die Harkers Automotive/ Shell Helix Toyota Corolla RXi 1600. Dean Sanders is vir alle praktiese redes ook ‘n WP tydrenner en hy deel die Span Total RXi met Rod Herring.
Wessel Venter en Patrick Johnson


André Cleenwerck en Carl Peskin
Die suiwer streekafdeling van die tydren geniet besonder goeie ondersteuning met veertien inskrywings gelei deur die klas S5 VW Golf Synchro 2.0 van Shaun Jones en Billy Thorpe. André Cleenwerck en Carl peskin moet egter as die gunstelinge wegspring om hierdie afdeling te wen in die klas A7 Adez Motorsport VW Polo Playa 2.0 en hul kan sterk teenstand verwag van die bestendige Trevor Hodges en derek Jacobs in die klas A7 VW Golf GTi 1800.

Verrassings mag kom in die vorm van die klas S3 VW Polo Playa 1800 van Rupert van der Merwe en Rickus Fourie. Rupert vars terug van tydrenskool opleiding in die buiteland en Rickus bekend daarvoor dat hy die eindpunt kan haal. Martin Esterhuyse en Dave Gregory kan ook verras nou dat die klas S4 Magnum Radiators BMW tekens van betroubaarheid toon. Die klas A7 Nissan Sentra 2.0 STi van Les Faasen en Mandy Amery beskik natuurlik ook oor baie potensiaal.

Neels van Wyk en Jeremy Northcote
Sou hierdie spanne glip sal Neels van Wyk en Jeremy Northcote nader staan in die klas S2 VW Golf CSL 1600 en hul sal weer vir Jean du Plessis en JC Barnard op hul hakke kry in die klas S2 Toyota Corolla TRD 1600. Robbie Robertson en Ria Marais deel die 1978 klas S2 Toyota Corolla SR5 1600 . Lance Slabbert en Deon van Greunen deel weer die klas S3 VW Golf GTi 1800 en hul sal die stryd aangesê word deur die soortgelyke motors van onderskeidelik Rupert van Zyl / Robin Lussem en Thenswille Overmeyer / Wesley van Heerden. Andre George en Hilton Auffray beman hul klas S2 VW Golf Citi 1600 en die finale span sal die klas S2 Toyota Conquest 1300 van Kesevan Naidoo en Garth Scholtz wees.
Jon en Dough Williams


Met nie minder as elf Subaru inskrywings in GpN4 behoort die stryd op nasionale vlak briljant te wees en kan ‘n tydren uit die boonste rakke verwag word.

Twee honderd kilometer sneldele staan tussen elke span en ‘n moontlike oorwinning in hul onderskeie klasse.





Comments written by other visitors


>> There are no messages <<






      Members



      Site features
   Online discussion forums
   TV shows
   RallyStar prizes
   Photo galleries
   Motorsport calendar



Copyright © 2003 - RallyStar.co.za
All Rights Reserved