Rally Events Photos Competition

Starting List - and notice of CHANGE TO PROLOGUE FORMAT ON CARNIVAL CITY CASINO 400
author:
FILES TO DOWNLOAD

  • Please click to open Prologue Starting list

    Hannes Grobler and Richard Leeke in the all conquering Nissan
    The 80 vehicle entry received for the Carnival City Casino 400, the final round of the SA Off Road Car Racing Championship, has forced the Koepel Club to change the format for this Friday’s (November 14) Prologue, which determines starting positions for the main event on Saturday.

    The Prologue was originally intended to be two laps of the 6km short course on the Carnival City Casino site but with 80 vehicles and the required dust gap between each vehicle it would have meant that some competitors completed the Prologue in the dark.




    “We did not expect such a good entry and have reluctantly had to shorten the Prologue to only lap of the short course circuit,” said Koepel Club chairman, Willie Prinsloo. “Motor vehicles will start the Prologue at 3 minute intervals so there will always be at least two vehicles on the track at the same time and, given the shorter route, crews will have to attack it as if they were completing a rally special stage.”

    “Unlike other events in the championship crews will not have the luxury of a 35km Prologue where they can settle in for the first few kilometres and then pick up their pace,” added Prinsloo. “It’s going be all or nothing right from the start and spectators can expect a battle of note on Friday.”

    The Prologue gets underway at 12:00 on Friday, November 14 and the route will be watered to keep dust to a minimum and with numerous vantage points spectators will not be disappointed.

    Crews will start the main event on Saturday at 30-second intervals with the short course circuit used three times during the event, which will consist of three laps of a 138km course between Brakpan and Heidelberg with vehicles passing these points three times during the race.

    There are 13 spectator points on Saturday’s route that are easily accessible from the N3, the R103, the R21 and the R23 and will be clearly signposted.

    The Carnival City Casino 400 promises to be an exciting finale to the 2003 SA Off Road Car Racing Championship.


    VOORREN-FORMAAT VAN CARNIVAL CITY CASINO 400
    VERANDER AS GEVOLG VAN GROOT GETAL INSKRYWINGS


    Die 80 voertuiginskrywings vir die Carnival City Casino 400, die laaste ronde van die SA Veldrenvoertuigkampioenskap het Koepel Klub verplig om die formaat van Vrydag (14 November) se voorren, wat die wegspringposisies vir Saterdag se hoofren bepaal, te verander.
    Nick Gossler


    Die voorren sou oorspronklik uit twee rondtes van die 6 km-kortbaan by Carnival City Casino bestaan het, maar met 80 voertuie wat ingeskryf het en die spesifieke stofgaping wat tussen voertuie gelaat moet word, sou dit beteken dat sommige deelnemers die voorren in die donker moes doen.

    “Ons het nie só ‘n groot getal inskrywings verwag nie en moes teen ons wil die voorren tot ‘n enkele rondte van die kortbaan verkort,” het Koepel Klub se voorsitter, Willie Prinsloo, gesê. “Die voertuie sal die voorren met tussenposes van drie minute begin wat sal beteken dat daar heeltyd ten minste twee voertuie terselfdertyd op die baan sal wees en aangesien die roete korter is, sal die spanne moet jaag asof hulle aan ‘n tydrensneltrajek deelneem.”

    “Anders as ander byeenkomste in die kampioenskap, sal spanne nie die luukse van ‘n 35 km-voorren hê waar hulle gedurende die eerste paar kilometer eers aan als gewoond kan raak en dan hul pas kan aanjaag nie,” het Prinsloo bygevoeg. “Dit sal van die begin af alles of niks wees en toeskouers kan Vrydag reeds ‘n taai stryd verwag.”

    Die voorren begin op Vrydag, 14 November, om 12:00 en die roete sal natgegooi word om die stof tot ‘n minimum te beperk en met verskeie uitkykpunte sal toeskouers nie teleurgesteld word nie.

    Die spanne sal die hoofren op Saterdag met tussenposes van 30 sekondes op die kortbaan, wat drie keer gedurende die ren gebruik sal word, begin. Die hoofren sal bestaan uit ‘n roete van 138 km tussen Brakpan en Heidelberg bestaan waaroor die voertuie drie keer gedurende die ren sal moet jaag.

    Die toeskouerpunte is maklik van die N3, die R103, die R21 en die R23 bereikbaar en sal duidelik gemerk wees.

    Die Carnival City Casino 400 finaal beloof opwinding.







          Members



          Site features
       Online discussion forums
       TV shows
       RallyStar prizes
       Photo galleries
       Motorsport calendar



    Copyright © 2003 - RallyStar.co.za
    All Rights Reserved