Rally Events Photos Competition

The Misverstand Rally - 29th November 2003
author: Patrick Vermaak
FILES TO DOWNLOAD

  • Please click to open entries and scrutineering times

    Wessel Venter / Patrick Johnson
    Gaan Jean-Pierre Damseaux en Cobus Vrey hul ongelukkige jaar op nasionale front afsluit as die WP tydrenkampioenne vir 2003 of gaan die Span Total klas A7 Toyota Corolla RXi 2.0 getroef word deur die minder kragtige GpN2 Palbin Pallets Toyota Corolla RXi 1.6 van Richard Behm en Grant St Clair. Slegs agt punte skei die twee SWMK spanne na ses byeenkomste en die unieke formaat van die komende CPMCC Misverstand Tydren gaan verder bydra tot die spanning in beide kampe.
    Richard Behm en Grant St Clair - Palbin Pallets Toyota Corolla RXi 1.6


    Die tydren bestaan uit slegs vier sneldele met n totale afstand van 104km ! Dus kan niemand n fout in enige sneldeel bekostig nie en tradisioneel is die sneldele in die area baie vinnig so terughou en oorleef is ook nie ‘n opsie met die kampioenskap op die spel nie. Wessel Venter en Patrick Johnson bevind hulself slegs twee punte agter Behm en St Clair en die altyd bestendige Shell Helix WP / Harkers Automotive Gp N2 Toyota Corolla RXi 1600 sal enige foute deur die voorste twee met dividende uitbuit.

    Charl Strydom en Sakkie Bosman - klas A6 Sabre Paints VW Golf CLS 1600
    Charl Strydom en Sakkie Bosman sal hul seisoen met 'n goeie vertoning wil afsluit nadat hul die klas A6 Sabre Paints VW Golf CLS 1600 tydens die Verre Noord Tydren omgedop het. Hierdie motor is altyd onberispelik voorberei en verdien 'n goeie uitslag. Hul sal egter rekenskap moet neem van die Paul Pfeiffer / Duncan English klas A6 Toyota Corolla RXi 1600 en die soortgelyke React Racing motor van Andy Haigh-Smith en Gerald Brace. Laasgenoemde span het aangenaam verras tydens die baie nat Ceres Delta tydren en dit sal interessant wees om te sien hoe hul in die droog byhou.

    Nog twee spanne wie se name altyd hoog in die uitslae verskyn is die van Jon & Doug Williams klas A6 Trident Press Toyota Conquest RSi 1600 en die klas A7 Adez Motorsport VW Polo Playa 2.0 van André Cleenwerck en Carl Peskin.

    Nog twee “ou” name wat op die inskrywingslys verskyn is Nigel Dodgen en Nigel Wilton in n Gp N2 Toyota Conquest RSi 1600 en na sy bemoedigende vertoning in die Golf 4x4 behoort hy weereens goed te presteer.

    Nie minder as vyftien van die vyf en twintig inskrwyings sal Toyota produkte beman .

    In die klas A puntestand is dit Jean-Pierre Damseaux en Cobus Vrey wat die botoon voer in hul Span Total klas A7 Toyota Corolla RXi 2.0 terwyl die Gp N kategorie gelei word deur Richard Behm en Grant St Clair in hul Palbin Pallets Gpn N2 Toyota Corolla RXi 1600. Die klas S kategorie het Neels van Wyk en Jeremy Nortcote aan die voorpunt in hul klas S2 VW Golf CSL 1600.

    Ongelukkig het geen verdere inligting my tot op datum bereik nie so verwag 'n laat opsomming met betrekking tot tye en toeskouerspunte.


    The event will start at 10h15 on Saturday, 29th November 2003 at Club Elani, Misverstand Dam and will finish at approximately 15h45 at the same venue on the same day.

    The event will comprise of a series of Four (4) special stages held on private roads closed to public traffic, linked by liaison sections of private and public roads. The total distance will be approximately 254.87 kms, of which 117.02 kms will consist of special stages. Service parks will operate immediately after each stage.

    Open the Scrutineering groups and Itinerary by clicking in block - right top of article.







          Members



          Site features
       Online discussion forums
       TV shows
       RallyStar prizes
       Photo galleries
       Motorsport calendar



    Copyright © 2003 - RallyStar.co.za
    All Rights Reserved