2de VV4 Vervoer Wolseley Gymkhana – 26 Junie 2004 - Witzenberg Motorklub
author: Patrick Vermaak
|
|
Marius en Liezel Roux
|
VV4 Vervoer is ‘n relatief nuwe naam op die plaaslike motorsport toneel, maar na die 14 Februarie Witzenberg Motorklub Gymkhana op hul perseel in Wolseley het hul gou beter bekend geraak want dit was ‘n treffer byeenkoms wat die Boland weer wakker gemaak het. Pieter Hugo en Danie Smuts die manne wat die byeenkoms van stapel gestuur het.
Mike Nathan en Deon Nel het ‘n naelskraapse oorwinning in die baie haastige Aluminium Window Industries Mazda Rustler 1600i behaal nadat hul met die aanvang van die eerste lopie ‘n dryfas gebreek het. Die ander deelnemers het sportiewelik ingestem dat hul die motor kon herstel en voortgaan. Cobus Erasmus en Patrick Vermaak was tot en met die aanvang van die finale lopie die algehele voorlopers in die swart Demag Cranes VW Golf GTi 2.0 16klep maar kon net nie daarin slaag om die bakkie te troef nie. Cobus het intussen omgeskakel na agterwiel aandrywing en sal met ‘n BMW 325i sy verskyning maak in Wolseley. Nog nie op dieselfde standaard nie, maar hy leer vinnig!
Nuweling, Roy Laing, het beindruk met sy VW Golf CTi 1800 en met Pieter Hugo as navigator was hul werklik ‘n genopt om dop te hou. Pieter Hugo deel sy eie VW Golf GTi 1800 met Danie Smuts en hul eindig vierde. Jacques du Plessis en Koos Hagen vyfde in hul swart Opel Kadett Superboss 2.0 met die skouspelagtige VW Golf Citi 1800 van André Dreyer en Stoffel Bezuidenhout in die sesde posisie . Hierdie kombinasie het intussen die swart GTi 2.0 16klep van Cobus Erasmus aangeskaf en hul wil algeheel wen!
Die weer was puik en die byeenkoms het ‘n groot aantal toeskouers uitgelok. Agttien spanne het gereeld luide applous geniet en dit was veral die stryd om die eerste plek wat baie reaksie geniet het.
Verrigtinge is afgesluit met ‘n aangename prysuitdeling op die perseel en almal was dit eens dat hierdie byeenkoms ‘n instelling moes word . Daarom sal daar weer op 26 Junie na Wolseley teruggekeer word vir tweede aflewering van puik gasvryheid en top gehalte aksie.
Sou die weer saamspeel sal ons ook die BK van Base 4 Helicopters teenwoordig kry en heelwat interessante inskrywings word hierdie keer verwag. Neville Young en Marius la Grange sal onderskeidelik hul Datsun 280Z en 240Z aan die Boland kom bekendstel terwyl Charles Greening ook aangedui het dat hy teenwoordig sal wees met ‘n Jaguar. Hopelik sal ons Mnr en Mev Jan en Suzette Nel in persoon kan gelukwens met hul groot stap om uiteindelik die knoop deur te haak op 5 Junie. Carl Scholtz het ook aangedui dat hy sy pragtige MR2 Turbo Toyota sal inskryf so moenie hierdie besonderse geleentheid in Wolseley misloop nie.
|
|
Johann Zulch en Petra van den Heever class C Mazda Rustler 1600i
|
Of jy vanaf Tulbagh of Worcester die dorp binnekom is die instruksies feitlik dieselfde. Vanaf Tulbagh ry tot by die 4 stop. Draai regs by die volgende afdraai, vanaf Worcester draai links by die laaste afdraai voordat die 4 stop bereik word. Kruis die spoorlyn brug (toeskouers draai links by die volgende T-aansluiting en volg pyltjies tot by VV4 Vervoer perseel), terwyl deelnemers regs draai by die T-aansluiting en dadelik weer regs – reguit tot by die volgende T-aansluiting en weer regs. VV4 Vervoer word is aan die onderpunt van die straat.
Die gebruiklike Jayen tydhouding sal sorg dat tye selfs meer akkuraat opgeneem word want daar is intussen van frekwensie verander en die nuwe stelsel is werklik indrukwekkend. Pieter Swanepoel sal sy gebruiklike kommentaar lewer en daar sal voorsiening gemaak word vir die wat honger en dors wil verlig gedurende die dag. Onthou, hierdie byeenkoms is eers verby wanneer die prysuitdeling klaarmaak.
|
|
...en dis nie verby tot die laaste nie!
|
|
|