Rally Events Photos Competition

Die Blue Crane Tydren
author: Patrick Vermaak
FILES TO DOWNLOAD

  • Kliek om die Resultate oop te maak

    Somerset Wes Motorklub, kondig trots die betrokkenheid van die Caledon Casino en Spa aan, maar skenk terselfedertyd ook ‘n donasie tot voordeel van SA se amptelike nasionale voël, die blou kraanvoël, tydens die prysuitdeling. (Weereens 'n bewys dat ons sit met 'n sportsoort wat nie net selfsugtig hoef te aas nie! - Red.)

    Nog ‘n pluimpie vir Tom Lown en sy span was dat Amanja Swart, Promosie Koördineerder van die Caledon Casino, beslis ook die wegtrek die aantreklikste van die jaar gemaak het.

    Sewe en twintig spanne het die uitdaging aanvaar om die vinnige paaie van die Overberg te tem, maar dit sou die Overberg wees wat die verrassing ingehou het.

    Shaun Jones en Billy Thorpe het beindruk deur die vinnigste tyd in SS1 op te stel in hul Goeie Hoop Onderdele klas S5 CPMCC VW Golf Synchro 4x4 2.0, ondanks die feit dat hul motor in derde rat vasgesteek het. Na hul SS2 aandurf moes hulle onttrek weens die ratkas wat nie wil saamwerk nie.

    Stephan van Dyk en Mark Pym Subaru 1ste Algeheel
    Stephan van Dyk en Mark Pym reageer op die Golf se stywe pas en die House of Subaru Gp N4 CPMCC Impreza WRX 4x4 Turbo ondervind soos verwag nie veel teenstand onderweg na nog ‘n algehele oorwinning nie.

    Span “Oupa” bewys dat hul nog oor genoeg talent beskik om die jonges harde bene te laat kou en die Team REACT klas A6 Toyota Corolla RXi 1600 word behoorlik gelooi om 'n gewilde tweede plek algeheel met Andy Haigh-Smith en Gerald Brace in beheer, te behaal.
    Stephan van Dyk en Mark Pym Subaru 1ste Algeheel


    Jon en Doug Williams behaal 'n welverdiende derde plek in die Trident Press / Gijima Technologies Gpn N2 SWMK Toyota Corolla RXi 1600.

    Jon & Doug Williams Toyota 3de Algeheel
    Mike Nathan en Rikus Smit eindig vierde slegs sewe sekondes na die Corolla span gekom, nadat hulle skielik lewe gekry het in hul Aluminium Window Industries klas A6 CPMCC Toyota Conquest RSi 1600.

    Paul Pfeiffer en Duncan English was effe gelukkig om hul vyfde plek te behou in die Cartech Racing klas A6 CPMCC Toyota Corolla RXi 1600 nadat hul met een minuut gestraf is.

    Die altyd bestendige Wessel Venter en Patrick Johnson het foutloos gejaag onderweg na ‘n goeie sesde plek algeheel in hul Harkers Automotive / Shell Helix WP / M&H Motors Gp N2 CPMCC Toyota Corolla RXi 1600.
    Wessel Venter en Patrick Johnson in hul Toyota 6de Algeheel


    Sewende algeheel het behoort aan Swartlanders, Jacques Britz en Johan la Grange in hul Lize Signs / Spar Gp N2 Toyota Conquest RSi 1600, hul beste resultaat tot op hede.

    John Peiser en Brian Hoskins behaal ook hul beste resultaat deur die Speed Pro Cycle Components / Auto Italia Paneelkloppers Gpn N1 CPMCC VW Golf 1400i agtste tuis te bring.

    Lance Slabbert en Deon van Greunen nog ‘n span wat goed presteer deur hul beste resultaat aan te teken in negende posisie met die Fetch & Carry Express Couriers klas S3 CPMCC VW Golf GTi 1800.
    Lance Slabbert & Deon van Greunen in hul VW Golf 9de algeheel


    Jean du Plessis en JC Barnard kon hulself skop nadat hul ‘n sekere top ses posisie in sneldeel vier prys gegee het nadat hul deur ‘n heining gejaag het en die draad om die voorwiel verstrengel geraak het. Die span het sowat nege minute afgestaan voordat hul kon voortjaag in die haastige All Parts / Wesbank Spares klas S4 BMW 325. Dat hul egter goeie tye aangeteken het is geensins te betwyfel nie en hul jaag steeds sonder odometers. Dit is darem seker nou hoog tyd dat hulle odo's aanskaf voor hulle regtig 'n ongeluk maak en ook omdat hulle heelwat vinniger behoort te wees - of is dit bewys dat hulle die paaie te goed begin ken? Red

    Leon Oosthuizen en Rodney Pedro haal uiteindelik die eindpunt van ‘n tydren en sal lank vier aan hierdie elfde plek in die Milky Moo / Pro-Sport Auto klas S4 CPMCC VW Jetta 2.0. André George en Hilton Auffray moes die tydren feitlik enduit ry met ‘n glyende koppelaar en was verheug om die eindpunt in twaalfde posisie algeheel te bereik met die H&M Removals klas S2 CCMCC VW Golf Mk1 1600.

    Clinton Sassman Andy Schreuder BMW - van 'n 'Oeps' na 13de Algeheel!
    Clinton Sassman en Andy Schreuder die finale span om die tydren amptelik te voltooi in hul Team Economic klas S4 CCMCC BMW 325i. Geluk was aan hul kant toe die BMW se wielsporing aangepas is teen ‘n sandwal in sneldeel vyf. Ondanks die insident haal hul steeds negende algeheel met 'n 13 minute straftyd.

    Shaun Lipshitz en Kurt Eriksen voltooi die tydren in hul K&L Auto Repairs / Ink Station klas S3 CPMCC VW Golf 1800 net om te verneem dat hul die maksimum grasietyd oorskry het.
    Shaun Lipshitz & Kurt Eriksen VW Golf


    Ettiene du Toit en Patrick Vermaak het goed begin, maar die Toyota kry ‘n pap linker voorwiel sowat agt kilometer binne sneldeel twee. Die span se besluit om die sneldeel met die papwiel te voltooi word berou toe die McCarthy N1 Stad / Wimpy Gp N2 WBMK Toyota Corolla RXi 1600 se ratkas beskadig is en hulle moes onttrek.

    Abduraghman Amlay en sy span
    Abduraghman Amlay en Yusuf Ganief se tydren eindig ook vroeg toe die Amlay Motorsport klas A6 CCMCC Toyota Corolla RXi 1600 vermoedelik laers begin vasbrand het. Die gewoonlik puik voorbereide Sabre Paints klas A6 CPMCC VW Golf CSL 1600 van Charl Strydom en Sakkie Bosman groet met ‘n gebreekte enjin ring na vier sneldele.

    Nishaad Murudker en Adrienne Swart onttrek die Murway Motors klas S3 CCMCC Toyota Conquest RSi 1600 met enjin probleme na sneldeel vyf en die Die Hollandse Motor Spesialis / Action Rod klas S3 CPMCC VW Golf 1800 van Rupert van Zyl en Marius Rudolf word met soortgelyke probleme onttrek.

    Warren Kohler en Wilbur van Niekerk voltooi vier sneldele in hul Cape Motor Repairs / Fix-A-Smash klas A7 CCMCC VW Golf A3 GTi 1800. Harry Giliomee en Fritz Blom maak dit ook net tot by sneldeel vier voordat ‘n gebreekte versnellerkabel hul agterwiel aangedrewe Cape Kitchens / I&J Konstruksie klas S2 Toyota Corolla 1600 uitkikker en die ex-Enzo Kuun Adez Motorsport klas S4 CCMCC Daewoo Cielo 2.0 van André Cleenwerck en Carl Peskin gee ook boedel oor.

    Neels van Wyk en Jeremy Northcote se Anco Engineering / Brackenfell Coachworks klas S3 CPMCC VW Golf GTi 1800 breek wielboute in sneldeel een, die klas S4 WBMK Opel Kadett 2.0 van Leon Esterhuyse en Anco Jordaan groet met ‘n steeks petrolpomp en Kesevan Naidoo en Garth Scholtz se Fix-A-Smash klas S2 CCMCC Toyota Conquest 1300 se enjin raak onklaar na sneldeel een.

    Arrowing
    Die tydren is in droë toestande beslis met ‘n uitstekende variasie van sneldele. Die eerste 11.28km sneldeel het kort duskant die bekende Dassiesfontein padstal begin en die glibberige oppervlakte het bykans almal iewers uitgevang. Die 15.55km Chevonnes sneldeel het iets van alles opgelewer en het die tydren behoorlik aan die gang gekry. Beide sneldele sou later weer herhaal word met Vliegveld, Mierkraal en Vaalkop wat die balans van 101.18km gevul het. Die feit dat slegs dertien spanne die tydren kon voltooi eerder toe te skryf aan die strawwe pas want dit was platvoet van die begin tot einde.
    Smiling .....


    Met Club Mykonos en Casino Mykonos reeds gevestigde borge in WP motorsport was dit werklik baie bemoedigend om Caledon Casino en Spa betrokke te sien, mag dit ‘n lang en suksevolle verhouding wees.







          Members



          Site features
       Online discussion forums
       TV shows
       RallyStar prizes
       Photo galleries
       Motorsport calendar



    Copyright © 2003 - RallyStar.co.za
    All Rights Reserved