Rally Events Photos Competition

LA’T WIEL nou in KykNet Top Tien
author:
Die toonaangewende Afrikaanse motorprogram, La’t WIEL, se gewildheid neem deurlopend toe. In net 24 episodes het die program gegroei van ‘n geheel onbekende entiteit tot een van die top programme op DSTV se KykNet-kanaal. Volgens die jongste amptelike syfers kyk meer as 230 000 mense elke Dinsdagaand La’t WIEL, en die program staan tans in die nommer nege-posisie op KykNet se amptelike Top Twintig – dis ‘n verbetering van twee posisies oor die laaste amptelike opname, toe die program in die elfde posisie was.

“Ons glo dat La’t WIEL in so ‘n kort tydjie só gewild geraak het, omdat ons daarop mik om die kyker te vermaak, eerder as om op elke moertjie en boutjie van elke voertuig wat ons ry te fokus,” sê Marc Bow, mede-eienaar en hoof van fotografie van die program. “Hierdie filosofie stel ons in staat om nie net tot motorentoesiaste te spreek nie, maar enigeen wat daarvan hou om TV te kyk.”

Nietemin word die program geskryf en vervaardig deur ‘n span ervare motorjoernaliste, met die gevolg dat die materiaal nie net vermaaklik is nie, maar ook propvol inligting en akkurate feite. “Ons is trots op die gehalte van ons werk,” sê redakteur van WIEL-motortydskrif en mede-eienaar van die program, Danie Botha. “Dit gaan vir ons oor meer as net die gehalte van ons beeldmateriaal, want die feite is vir ons net so belangrik as die beelde self.”

La’t WIEL word aangebied deur die gewilde Afrikaanse persoonlikheid, Francois Rautenbach. Daar is ook ‘n span opgewekte en opwindende mede-aanbieders, wat die hoogs ervare motorskrywer, Hannes Visser, insluit. Agter die skerms word die program deur ‘n jong en energieke span geskryf en vervaardig, insluitend Waldo van der Waal – nog ‘n baie ervare motorjoernalis.

“Die jongste syfers dien as bewys dat ‘n mens rekening moet hou met La’t WIEL,” sê Botha. “En nou dat die program effens vroeër, om 9.00nm op Dinsdag-aande uitgesaai word, verwag ons dat dié syfers sal bly groei.”

Benewens sy nuwe uitsaaityd van 9.00nm op Dinsdae, word La’t WIEL ook om 3.00vm en 4.00nm op Woensdae uitgesaai, sowel as om 11.30vm op Donderdae. Onlangse navorsing het ook getoon dat al hoe meer Engelssprekendes La’t WIEL kyk.

La’t WIEL word tans deur Bosal geborg, maar die eienaars ondersoek tans voorstelle van moontlike bemarkingsvennote vir die volgende seisoen. Om egter die program se geloofwaardigeheid by die kykerspubliek te verseker, sal die eienaars nie borgskap van enige motorvervaardigers aanvaar nie.



LA’T WIEL breaks into KykNet Top Ten

The trend-setting Afrikaans motoring show, La’t WIEL, continues to grow rapidly. In just 24 episodes La’t WIEL has gone from an unknown entity to one of the top-ranked shows on DSTV’s KykNet channel. The latest official ratings indicate that the show draws in excess of 230 000 viewers every Tuesday night, and is currently in the number nine spot on KykNet’s official Top Twenty – up from the number eleven position it occupied at the last official ratings.
and some more yellow pictures ......


“We believe that La’t WIEL has become so popular in such a short space of time because we aim to entertain the viewer, rather than focus on every detail of every vehicle we drive,” says Marc Bow, co-owner and Director of Photography of the show. “This philosophy allows us to address not only car enthusiasts, but anybody that enjoys watching television.”

However, the show’s writers and producers are all experienced motoring journalists, with the result that the footage is not only entertaining, but also highly informative and factually correct. “We pride ourselves in the quality of our work,” says editor of WIEL magazine, and co-owner of the show Danie Botha. “This extends well beyond the quality of our footage, as the facts are just as important to us, as the images themselves.”

La’t WIEL is presented by popular Afrikaans personality Francois Rautenbach, together with a team of lively and exciting co-presenters that include the highly experienced motoring writer Hannes Visser. Behind the scenes the show is written and produced by a young and energetic team, including Waldo van der Waal, who has vast experience in motoring journalism.

“The latest figures prove that La’t WIEL is a force to be reckoned with,” says Botha. “And with the show now moving to a slightly earlier time-slot at 9.00pm on Tuesday evenings, we expect these figures to continue growing.”

In addition to its new time-slot at 9.00pm on Tuesday evenings, La’t WIEL is rebroadcast at 3.00am on Wednesday mornings, 4.00pm on Wednesday afternoons and again at 11.30am on Thursday mornings. Recent research has also indicated that English speaking viewers are watching La’t WIEL in increasing numbers.

La’t WIEL is currently sponsored by Bosal, but the owners are currently accepting proposals from potential sponsors for the next season. However, in order to retain its credibility with the viewing public, the show will not accept sponsorship from any motor manufacturer.







      Members



      Site features
   Online discussion forums
   TV shows
   RallyStar prizes
   Photo galleries
   Motorsport calendar



Copyright © 2003 - RallyStar.co.za
All Rights Reserved