Paul Pfeiffer en Duncan English verras ...
author: Patrick Vermaak
|
|
Paul Pfeiffer en Duncan English - N4 Evo 6
|
Paul Pfeiffer en Duncan English verras deur hul eerste algeheel tydren oorwinnings in die WP agter hul name te skryf na n baie indrukwekkende vertoning in die Arc-en-Ciel Gp N4 CPMCC Mitsubishi Lancer Evo 6 Turbo 4x4. Hul was van meet af goed op dreef en wen sneldeel een met dertien sekondes in droë toestande.
Tweede posisie algeheel was nie wat Jean-Pierre Damseaux en Cobus Vrey beplan het in die Span Total klas A7 Toyota Corolla 2.0 nie, maar n gebreekte dryfas vroeg in sneldeel twee en n papwiel in sneldel vier het hul aanslag effektief geneutraliseer en gemeet aan die pas wat die wit Evo 6 kon handhaaf sou dit steeds n naelbyt resultaat gewees het.
|
|
JP Damseaux & Cobus Vrey - A7 Corolla
|
Jon en Doug Williams het n welverdiende derde posisie algeheel ingeneem met die Gijima ASt Gp N3 SWMK Toyota Run X RSi. Ongelukkig niemand om met hul kragte te meet nie, maar steeds n vasberade tydren deur die gewilde seun en pa kombinasie. Doug Williams ook een van die tydren se borge onder die vaandel van Trident Press.
|
|
Jacques Brits and Johan la Grange - S3 Conquest RSi
|
Jacques Brits en Johan la Grange behaal hul beste resultaat tot op datum met n puik vierde algeheel in hul Lize Signs klas S3 CPMCC Toyota Conquest RSi 1600. Tydens die onlangse Cape Subaru nasionale kampioenskap tydren het die Swartland kombinasie daarin geslaag om die suiwer streekafdeling te wen, maar hierdie vierde plek moes soveel soeter gewees het.
Kobus Edas en Derek Jacobs wys dat hul ook stadigaan meer selfvertroue begin opbou in die ex-Paul Pfeiffer Castrol klas A6 CCMCC Toyota Corolla RXi 1600 en vyfde algeheel verteenwoordig ook hierdie Swartland kombinasie se beste resultaat tot op datum. Ongelooflik soos dit mag klink eindig hul die 223.78km tydren presies op dieselfde sekonde in tyd as hul vernaamste klas A6 mededinging, die CPMCC Sabre Paints VW Golf CSL 1600 van Charl Strydom en Sakkie Bosman. Hul was egter die vinnigste van die twee deur sneldeel een om die posisie te verower.
|
|
Charl Strydom and Sakkie Bosman - A6 Golf
|
Abnormaal om Mike Nathan en Graham Hooper in die sewende plek algeheel te bespeur met die AWI Gp N2 CPMCC Toyota Corolla RXi 1600 maar n tydrowende papwiel in sneldeel vier verslind vier minute en boonop moes Mike bestuur met pynlike ribbes nadat hy vroeër in die week van 'n leer afgeval het.
Eugene Marais en Paul van Greunen het self hul stem begin dik maak in die Fetch & Carry klas S3 WBMK VW Golf GTi 1800, maar staan heelwat tyd af in sneldeel vier om uiteindelik agtste algeheel te eindig. Negende plek ingeneem deur André George en Hilton Auffray in hul klas S2 CCMCC VW Golf 1600 en die top tien afgerond deur Lance Slabbert en Ria Marais in hul Fetch & Carry Gp N1 VW Golf 1400. Die eerste keer dat beide Fetch & Carry inskrywings die eindpunt van dieselfde tydren haal. Baie om te vier in die Marais egpaar se huishouding.
|
|
Neels van Wyk en Jeremy Northcote - S3 Golf GTi
|
Neels van Wyk en Jeremy Northcote was weer terug in hul klas S3 VW Golf GTi 1800 en hul behaal die elfde posisie algeheel en derde in klas na 'n bestendige vertoning.
Kesevan Naidoo en Garth Scholtz word herenig as span in die Fix-A-Smash klas S3 CCMCC Toyota Conquest RSi 1600 en die span voltooi hul tweede agtereenvolgende tydren in die ex-Thenswille Overmeyer motor. Peter Heyer-Cleave en Brendon Schultz het afgeskop met goeie tye in die Hydron klas S5 CPMCC Mitsubishi Lancer Evo 3 Turbo 4x4 maar verloor meer as tien minute toe die rathefboom tydens sneldeel drie uit die ratkas getrek het.
|
|
Kesevan Naidoo and Garth Scholtz - S3 Conquest RSi
|
Leon Esterhuyse en Marco Hamilton mag dalk die finale span tuis gewees het, maar dit was onder luide toejuiging want dit was die eerste keer dat hierdie span daarin kon slaag om die Augustyn’s Springworks klas S4 WBMK Opel Kadett GSi 2.0 by 'n tydren eindpunt te kry.
|
|
Sloot, drif, nee sloot, o shit te laat.......
|
Sonder drama was dit egter nie want vroeg in sneldeel een kom die linker voorwiel los en die motor word op sy sy gebalanseer alvorens hul weer die verlore wiel kon herwin en voortgaan. Vir Ettiene du Toit en Patrick Vermaak word sneldeel een egter n nagmerrie ervaring toe die McCarthy N1 Stad / Orbit Coach Works Gp N2 Toyota Corolla RXi 1600 stert oor kop uit die tydren gerol word, gelukkig sonder Enige ernstige beserings. Die No 93 Corolla sal egter nie weer aan n tydren deelneem nie.
|
|
...amper heeltemal te laat - Etienne vasgemaak sodat hy nie kan weghardloop nie.
|
Metro Overberg het Ettiene bloot vir blote voorsorg afgevoer na die Somerset Wes Medi –Kliniek waar hy baie lyfseer, maar in een stuk weer op eie stoom kon uitstap.
Rupert van Zyl en Marius Rudolph onttrek hul Hollandse klas S3 CPMCC VW Golf GTi 1800 met veringprobleme na afloop van sneldeel twee en die Murway Motors / Silverstone Tyres klas S3 CCMCC Toyota Conquest RSi 1700 van Nishaad Murudker en Adri Swart breek n kruiskoppeling in sneldeel vier. Die klas S5 VW Golf Synchro van Shaun Jones en Billy Thorpe kon nie betyds gereed gekry word vir die byeenkoms nie.
Oudergewoonte het die Somerset Wes Motorklub deur middle van hierdie tydren n bydrae gelewer tot die bewaring van Suid Afrika se nasionale voël, die Bloukraan, en is die byeenkoms moontlik gemaak met ondersteuning van die Caledon Casino & Spa en Trident Press. Kom ondersteun die plaaslike spanne tydens die finale tydren van die jaar by Op-die-Berg, Ceres, op 29 Oktober 2005.
|
|
Die res van die Toyota
|
|
|