“Nog asseblief”
author: Patrick Vermaak
Die WP tydrenners het die 2006 seisoen op ‘n hoogtepunt afgeskop met ‘n aanskoulike vertoning tydens die eerste Supertrucks Naeltydren in die Swartland.
Dit is altyd verrassend om te sien hoeveel ondersteuners van die sportsoort uit die niet verskyn langs enige sneldeel en saterdag was geen uitsondering met ‘n goeie aantal toeskouers en deelnemers teenwoordig langs die 4km roete op die plaas Windheuwel.
|
|
Wenners - JP Damseaux en Schalk van der Walt
|
Jean-Pierre Damseaux en Schalk van der Walt die algeheel wenners in hul pas herboude SWMK klas A7 Span Total Toyota Corolla RXi 2.0 20klepper. JP die gemaklike wenner nadat hy Serge die motor belet het!
|
|
Jean du Plessis - Lourens Louw - BMW 328
|
Jean du Plessis en Lourens Louw het die Swartland se naam hoog gehou deur hul pas voltooide WBMK klas S4 All Parts BMW 328i tweede algeheel tuis te bring na verrassend vinnige tye. Met nog baie ontwikkelling in die pyplyn kan hierdie span werklik verras vanjaar.
Nie amptelik was die kombinasie ook derde algeheel in hul ouer WBMK klas S4 All Parts BMW 325i, maar die motor is ingeskryf bloot om verrigting te vergelyk.
|
|
Dirkie and Marthilda Boonstra - Nissan Skyline 2.8
|
Derde algeheel na ‘n baie goeie poging was dit die feitlik standaard WBMK klas S4 Supertrucks Nissan Skyline 2.8 van Dirkie en Marthilda Boonstra met ‘n effe teleurgestelde Inus du Plessis en Jacques Theron vierde algeheel in hul welbekende rooi WBMK klas S4 Swartland BMW 325i. Baie werk is aan hierdie motor gedoen, maar tegniese probleme het hul dag ontsier.
|
|
Andy Haigh-Smith - Dirk Malan - Mitsubishi Lancer 1600
|
Andy Haigh-Smith het sy ex-Barbosa CPMCC Gp N2 REACT Mitsubishi Lancer 1600 twee keer ingeskryf en hoewel Graham Vincent op tyd vyfde algeheel geeindig het het interne span besluite die posisie toegeken aan nuweling Dirk Malan.
Indrukwekkend egter om te sien hoe konstant Andy se tye was deur die loop van die dag.
André en Nina George het weereens beindruk met hul skoon en netjiese benadering om goeie tye aan te teken in hul CCMCC klas S2 VW Golf 1600 MkI. André het dogter, Nina, geleentheid gegee om die roete aan te dui en sesde algeheel was werklik indrukwekkend as resultaat.
|
|
Eugene Marais en Paul van Greunen wat die apex bietjie mis ry!
|
Eugene Marais en Paul van Greunen is ooglopend gekniehalter deur ‘n tekort aan perdekrag in die WBMK klas S3 Fetch & Carry VW Golf GTi 1800 en moes met sewende plek tevrede wees na ‘n bestendige vertoning.
|
|
Gavin Grierson - David Delaney - Datsun 160U SSS - wat amper die draai mis ry!
|
Gavin Grierson en David Delaney het aanvanklik baie gesukkel om die spinnerakke af te skud, maar agtste algeheel was bemoedigend vir die 30jarige WBMK klas S2 Datsun 160U SSS en die finale span op die uitslag was die kombinasie van Harry Giliomee en Fritz Blom in hul WBMK klas S2 I.J.Konstruksie Toyota Corolla 1600.
|
|
Gavin Grierson - David Delaney - Datsun 160U SSS - wat amper die draai mis ry!
|
|
|
...en Serge vertel wat hy van die jongmannetjies dink!
|
Serge en Jean-Pierre Damseaux het aanvanklik die pas aangegee in die haastige SWMK klas A7 Toyota Corolla RXi 2.0 20klepper maar met ‘n veertien sekonde voorsprong in die sakkie na die eerste twee lopies is Serge huistoe? Of JP hom die motor belet het of hy bloot sportief was sal nou ‘n lekker skinderstorie word, maar dat Damseaux Snr vanuit die staanspoor vinnig is, is nie te betwyfel nie.
Nietemin ‘n voorreg om Serge teenwoordig te sien by so ‘n byeenkoms – hoop dit was nie die laaste keer nie! Jon en Doug Williams het ook hul buiging gemaak in die SWMK klas A7 Gijima Ast / BP VW Polo Playa 2.0 en hoewel die motor indrukwekkend geklink het was die horlosie hul nie vreeslik genadig nie.
|
|
Jon en Doug Williams
|
Elke span kon die 4km sneldeel drie keer in elke rigting voltooi en na afloop van die anti-kloksgewys eerste sneldeel was die top ses volgorde: Jean-Pierre (4min38), Serge (4min41), Dirkie (5min06), Jon (5min07), Jean 325i(5min09), Andy (5min31). Aksie was daar genoeg met Jean du Plessis wat sy pas voltooide WBMK klas S4 All Parts BMW 328i deur ‘n lyndraad maak pas het en ook op hoë spoed ‘n grondwal aangetree het, gelukkig het net die nuwe navigator se oë groter geword. Jaén en Piet Fouché het die rooi WBMK klas S4 Swartland BMW 325i van Inus du Plessis en Jacques Theron gedeel, maar die motor breek ‘n sy-as met die Jaén se eerste wegspring.
|
|
Jaen and Piet Fouché - BMW 325i
|
Onder die verrassend groot aantal toeskouers teenwoordig was dit bemoedigend om ook baie frustreerde tydrenners raak te loop soos Ettiene du Toit, Mike Nathan, Shaun Jones, Billy Thorpe, Charl Strydom, Sakkie Bosman, Leon Esterhuyse, Marco Hamilton en Carl Peskin. Ongelukkig het ‘n steeks koppelaar die Enzo Kuun / Guy Hodgson SWMK klas A7 VW Polo Play tuis gehou en die CPMCC Gp N4 Sasol Mitsubishi Lancer Evo VIII Turbo 4x4 van Fernando Rueda kon ongelukkig ook nie verrigtinge meemaak nie.
|
|
Inus du Plessis - Jacques Theron - BMW 325i
|
Die sneldeel het ‘n total ander uitdaging gebied aan die deelnemers in kloksgewys rigting en dit was ‘n vasberade Jean-Pierre en Schalk wat behoorlik hul stempel afgedruk het met twee indrukwekkende lopies in die Corolla. Jean du Plessis trek egter ook baie aandag deur slegs vyf sekondes stadige as die Corolla se beste aan te teken in die 328i BMW terwyl Inus du Plessis ouboet eerlik hou met derde vinnigste op totale tye vir sneldeel twee.
Top ses posisies vir sneldeel twee was Jean-Pierre (4min03), Jean 328i (4min13), Inus du Plessis (4min24), Jean du Plessis 325i (4min34), Dirkie Boonstra (4min39), Jaén Fouché (4min43). Die Polo van die Williams kombinasie groet met ‘n gebreekte kruiskoppeling. Ook indrukwekkend was die feit dat die vinnigste tyd vir die Boonstra egpaar aangeteken is met ‘n pap regter agterwiel op die Skyline! Teen hierdie tyd het Windheuwel begin bewys dat dit die naam waardig was.
Baie dankie aan die beamptes Koos Rabe – Daan Terblanche – Anthony, Annemaré en Lize-Maré Tope asook Bianca Schultz wat die wind trotseer het ter wille van die deelnemers.
Hugh Young – Frank “Mighty Zulu” en Bridget van der Rhede as radio beamptes en natuurlik die altyd vriendelike Brian King agter sy rekenaar. Hennie en Paul die manne op mediese bystand in die ambulans!
|
|
..en daar is ook sommer vriendskappe gesluit!
|
De Villiers Cloete het die 2006 vereistes aan deelnemers kom verduidelik tydens “scrutineering” en ondanks die sterk wind het die dag werklik in ‘n puik atmosfeer verloop. Ook ‘n spesiale word van dank aan Gilbert Smit vir die gebruik van sy eiendom en almal teenwoordig vir die netheid wat aan die dag gestel is. Mag die res van 2006 net so aangenaam wees !
|
|