Rally Events Photos Competition

KAAPSE DINGE - THINGS FROM THE CAPE - CAPISH!
author: A combined resource RallyStar article
FILES TO DOWNLOAD

  • Please click to open results of the Barloworld rally
  • Please Click to open 18th Club Mykonos Entry List

    18de Hyperformance Club Mykonos Gymkhana

    “Daai Bakkie”

    29 Julie 2006

    Mike Nathan - Dominant Rustler
    Mike Nathan se naels is kort duskant sy elmboë opgeëet en die spanning gaan nog veel erger word teen Saterdag 29 Julie wanneer die vyfmalige Koning van Mykonos weereens alles in die stryd sal werp om “sy” titel te verdedig agter die stuur van die Kaap se vinnigste afleweringswa, die ongelooflike Dals Autobody Mazda Rustler 1.7 bakkie. In sy eie woorde is ʼn dag by Mykonos meer spannend as ʼn jaar se tydrenne, en hy is die huidige SA kampioen in Gp N2 met die AWI Toyota Corolla!

    Redes vir sy maagsweer en koors kom eerstens in die vorm van Anton van Bosch en die Bosch Tech drukaangejaagde VW Fox 1900. Klop Mike Nathan, dit is hierdie man se missie en daar word letterlik nagte deur gewerk ter voorbereiding van hierdie veldslag. Net om seker te maak dat hierdie twee regtig sleg slaap gaan Dawie en Alison Joubert natuurlik ook weer bewys dat jy nie noodwendig sypaadjies hoef te sien om vinnig te wees nie en daardie Lotus Elise Motorsport het ook intussen baie aandag geniet. Hierdie prag motor is beswaarlik hoer as die genadelose sypaadjies voor die Casino.
    Dawie Joubert - Lotus Elise


    Duncan Jepthas het ook weer getoor aan die M.A.I.D.to Order VW Golf 1660 en glo dat hy nou ook die tegniek aangeleer het om die absolute maksimum verrigting uit hierdie drukaangejaagde motor te wurg. Vergeet die feit dat hy net met een arm bestuur, hy het letterlik nie meer nodig om aan die voorpunt te kan jaag nie! Let gerus op waartoe hierdie man in staat is. Jan Nel se drukaangejaagde Toyota aangedrewe Lotus 7 replika begin ook nou baie haastig raak en met meer kilometers agter sy blad gaan hierdie motortjie beslis begin aandag trek.

    André Dreyer sal oudergewoonte slag bied in die Weskaap Bakwerke klas A VW Golf GTi 2.0 16klep en mag dalk eersdaags nuwe planne aankondig vir die toekoms. Michael Brown is hier ʼn onbekende faktor in ʼn nuwe Golf inskrywing. Verrassings is daar altyd en hierdie keer is die buiteperd beslis die welbekende Black Ice klas C Toyota Conquest van ʼn baie vasberade Eugene Bower en Jo-Anne Groenewald. Hierdie Knysna kombinasie het hierdie motor feitlik herbou en as hul vaart al ooit aandag getrek het, gaan Saterdag baie laat kennis neem van hierdie span. Natuurlik kan die Golf inskrywings van onderskeidelik Michael Brown en Geoffrey Wellstead ook nie buite rekening gelaat word nie. Attie Groenewald en die Pearley’s Opel Kadett 1400 blyk tans die gunsteling in klas D te wees.

    In die agterwiel aangedrewe klas word ʼn verbete stryd verwag tussen die vyf BMW 325i modelle van onderskeidelik Danie Smuts, Pieter Hugo, Johann Zulch, Roy Laing en Peet van der Walt en elkeen is oortuig daarvan dat klas E aan hom behoort. Net om sake hier te kom omkrap het Gary Mahnke aangedui dat hy waarskynlik sy opwagting gaan maak in die welbekende blou BMW M3, maar dat hul doelgeboude M3 aangedrewe Isuzu bakkie dalk wel gereed sal wees om sy debuut te maak. In die kleiner kapasiteit klas gaan dit die Mosselbaai Nissan 1400 bakkies wees wat vir die meeste aksie gaan sorg. Steph Petersen en Gerald Sikfontein die twee manne agter die stuur.

    Dan is die dames ook slaggereed vir aksie met Linda Binedell wat haar erns beklemtoon het deur die 2 Good 4 U Audi TT Turbo nader te trek. Tania Brown het nie op haar laat wag nie en sy het reageer deur manlief se Subaru WRX nader te sleep. Beslis ʼn dame met invloed want manlief word beperk tot deelname met sy twee VW Golf inskrywings! Nashrene Schloss het gesien hier kom ʼn ding en sy het Duncan Jepthas se drukaangejaagde Golf geleen vir haar aanslag. Petra Zulch sê haar Compact BMW kan ook sy stem hier dik maak en Barbara Dumas glo dat die Golf GTi kan verras. Nuweling, Nicole van der Westhuizen, het in Ceres bewys dat sy ook ʼn stuur kan swaai in haar Polo 1.6.

    Jacques Strauss - Bugaloo Banshee
    Onder die ware enkel sitplek inskrywings moet die skare se gunsteling ongetwyfeld Jacques Strauss wees op die Bugaloo Banshee 350 “quad” en hy sal slag bied teen die Weskaap Bakwerke Supercar van jong Brennon Green. Lassgenoemde tans die punte voorloper in die Silwer kategorie van die Makita Power Tools Supercar reeks in die WP, maar steeds relatief onbekend aan die Weskus. Hopelik sal hierdie blootstelling sy vernuf op plaaslike front begin vertoon. Dan gaan die ou bekende, Edwin Hambly, daardie monster Rover V8 ovaalbaan renmotor van hom ook Weskus toe bring. Sit maar wyd as die swart gevaarte sy verskyning maak, hierdie wa is behoorlik ʼn handvol.

    Oudergewoonte begin die eerste twee spanne stiptelik om 10h00 en danksy nog ʼn “grillerige” roete deur John McLinden behoort die aksie onophoudelik voort te duur tot 18h00. Goeie nuus is dat die weerprofete tans mooi weer voorspel met ʼn aanvaarbare 11º minimum en 25ºC maksimum en ʼn ligte noordelike wind. Die dag is wel steeds kort met sonop om 07h41 en sononder reeds om 18h07 so weereens ʼn beroep op alle deelnemers om stiptelik en in nommer volgorde te bly deur die loop van die dag. Geen kostes aan toeskouers om dag saam met ons te geniet nie en onthou daar is vele aktiwiteite vir die familie om te geniet, die asemrowende Bugaloo RIB net een voorbeeld.

    Net in geval daar kommer bestaan, die afwesigheid van deelnemers soos Mynhardt de Jongh en Dave Köpke behoort tans eerder onheilspellend as kommerwekkend te wees vir die opposisie. Hulle sal terug wees in die toekoms!
    Dries du Toit - Honda Ballade


    Sou u steeds wou deelneem komende Saterdag is dit belangrik om u dokumentasie so spoedig moontlik in te dien sodat u op die reserwe lys aangeteken kan word. Daar sal ongetwyfeld verwikkelinge wees waar spanne geleentheid sal kry om op laat kennisgewing wel deel te neem, maar dan moet ons goeie kommunikasie kan bewerkstellig.


    WBMK Gymkhana WBMK 3 September 2006

    Neem asseblief kennis van die volgende verandering ten opsigte van wat die tweede Midas Ceres Gymkhana moes wees op 2 September 2006. Omstandighede tans buite die beheer van die WBMK het gelei tot ʼn verskuiwing van beide perseel en datum.

    Hierdie byeenkoms sal nou in Brackenfell plaasvind op Sondag 3 September 2006! Die perseel waarop die byeenkoms gehou sal word is ongelukkig slegs op die Sondag beskikbaar en as gevolg van die laat verandering is daar nie veel opsies as om dit so te aanvaar nie.

    Daar sal binnekort ʼn aankondiging gemaak word rondom die borg, perseel, formaat en tye.

    Barloworld Foto's deur Frank Pey:



    JP Damseaux and Cobus Vrey - overall winners






    Andy Haigh-Smith & Dirk Malan N2 Winners






    Martin Esterhuyse & Francois Erasmus 1st S4






    Paul Pfeiffer & Carl Peskin N4 Winners






    Peter Heyer-Cleave & Brendon Schultz 1st in S5









          Members



          Site features
       Online discussion forums
       TV shows
       RallyStar prizes
       Photo galleries
       Motorsport calendar



    Copyright © 2003 - RallyStar.co.za
    All Rights Reserved