KOM ONS KRAP BIETJIE ANDER PLEK?
author: Leon Botha
So baie dinge het weer die afgelope week gebeur wat almal se gemoedere steeds 'n bietjie meer skuins afwaarts te dwing. Daarom het ek gevoel dat daar dalk plek is vir hierdie skrywe - al het dit nie juis iets met motorsport te maak nie - of het dit dalk vorentoe?
Is ons nie nou met hierdie tipe skrywes regs verby negatiewe nuus nie?
Krap ons nie maar weer, weens 'n moontlike gebrek aan - of selfs ons onvermoeë om enigiets positief raak te sien, in die "gewone" negatiewe bangmaak-nuus rond nie?
Ek dink ons moet eerder "vrede" (Vader behoede en dierbare oupa draai in sy graf om) maak met die feit dat ons totaal uit 'n ander hoek as die gewone moet rondkrap in wat op die tafel is, en so na ons "nuwe lewe" hier in Suid-Afrika kyk.
Ons gaan moet kyk na wat die huidige gedwonge en blykbaar onveranderbare omstandighede is, en dan - besluit hoe ons die lewe vorentoe gaan aanpak?
Die geskiedenis gaan ons voorwaar nie enigsinds help tensy - tensy ons aanvaar dat ons op die tipiese swart beheerde Afrika pad na agteruitgang is nie.
Watter maatreëls gaan dit vir ons positief maak?
Watter nuwe gewoontes gaan ons suksesvol, veilig en gelukkig maak?
Definitief nie verwysings na apartheid waarvan ek rerig genoeg gehad het, of die ou orde (tensy daar dinge is wat ons weer kan opdiep en aanhang?) se amper onversteurbare en onwrikbare maniere van doen en/of selfs ons steeds volgehoue hoewel nou redelik ongegronde baasskap denke nie!
Ek laat my nie vertel dat julle nie ook die moontlikhede, die klein ligstraaltjies hier en daar raak sien - hoe moeilik dit ook al is nie?
Daar is 'n eindpunt aan alles en vir alles - hoe verder die wat dinge bestuur buite die aanvaarde norme beweeg hoe vinniger sal hul, hul eindpunt bereik.
Daar is egter 'n groot verskil in "wit vinnig" (soos witblits) en 'swart vinnig' (soos in rustig agteruit).
Daar is ‘n groter verskil tussen reg en verkeerd – of ten minste wat aanvaarbaar is tussen hoe ons as blankes (die meeste) grootgeword het, en hoe die swartman in sy goue BMW daarna kyk.
Daar is ongelukkig ook 'n hemelsbreë verskil tussen wit en swart visie en daarin lê die grootste probleem.
Die wit of "westers-denkende" sal altyd baie minder hê om oor te Toi-Toi, te Diski of om oor "hêppie" te wees as die anders-denkende wat leef van oggend tot middag tot aand tot oggend tot .....tyd is iets wat jy koop of persent kry of steel, die res is oggend, middag of aand!
As die rioolplaas vanoggend werk is ons kak op 'n einde, as dit more nie meer werk nie sal dit dalk oormore weer reg wees en as die regdenkendes nie weer kom roer nie sal dit dalk weggaan en as dit nie weggaan nie - dan is dit die lot - reuk en al, wat ons aanvaar.
Die probleem is dat so baie van die wat ideale gehad het (gehad het!) die deel van die brein wat geneig is om te droom, sus met die gedagte dat dit nou maar ons lot is en dat ons maar moet aanvaar wat gebeur en hoofsaaklik nie gebeur nie - goed of nie.
Ons moet berus daarin dat baie mense se breins nie meer as twee funksies gelyk kan hanteer nie - dit is 'n feit.
Daar is dan ook geen salf daaraan te smeer nie want die een lob besig is met respirasie en die ander een met sirkulasie. Die kanse dat enigeen met enigiets anders besig kan raak sonder nadelige gevolge - is dus skraal.
Ek sê maar net – sonder skuim om die mond en haat in die hart. Daar is wel 'n diep frons tussen my oë en 'n benoude gevoel op my maag.
|
|