Rally Events Photos Competition

en nou vir die jongste, varste nuus daaronder uit die KAAP.
author: Patrick Vermaak
Op tydren front is die slegte nuus dat een van die sport se ou hande in die Kaap , Garth Childs , skielik aan 'n hartaanval oorlede is.

Garth sal onthou word vir die era van die die grys Nissan Skyline. Nooit genoeg ondersteuning geniet om 'n geharde aanslag op die WP titel te loots nie , maar het altyd sy beste gelewer met wat tot sy beskikking was. Ons innige simpatie aan familie en vriende.

Jean-Pierre Damseaux kry die 2002 A8 Corolla van Serge om in klas A7 van die SA kampioenskap mee te ding , maar as gevolg van onder meer verhoogde onkostes sal hy nie in die WP meeding in 2003 nie.

Serge sal egter wel teenwoordig wees in die A6 Corolla waarmee hy die SA titel verwerf het en dit moet beslis n bedreiging inhou vir die A7 VW Polo van Enzo Kuun en Pierre Arries.
Leon Botha
Serge in aksie tydens die Subaru Kaapse Tydren


Serge ondersteun die konsep dat tweede plek net eenvoudig nie goed genoeg is nie en SA se krieket en rugby spanne kan dit dalk ook oorweeg om na Clive Rice te luister.

Leon Botha
Fernando Rueda in sy ekstra motor, die ou stadige Evo VII
Fernando Rueda is tans traag om enigsins oor die potensiaal van sy nuwe Evo VIII Mitsibushi te spekuleer, maar as sekerlik die bestuurder wat die meeste verbeter het op tydren front sal dit dwaas wees om hom te onderskat. Sprake is tans dat die nuwe motor nie onmiddellik ingespan sal word nie, maar dit is soos om n Ferrari te besit en eerder met 'n Mini te ry.

Die heersende WP bestuurder kampioen het sy oog op 'n tweede agtereenvolgende Kaapse titel, en dan met sy en Mitsibushi se groot hoop op algehele oorwinning op nasionale vlak, mag dit dalk net Leon Botha se sielkundige benadering wees wat sy aanslag kan kelder. Ek sien swarigheid vir die Subaru geledere ondanks die getalle.

Die Kaap kan weereens nie uitsien na 'n reuse veld nie, maar aan die voorpunt het die standaard so verhoog dat die konsep van senior-, en junior kampioenskappe beslis oorweeg behoort te word indien jongelinge na die sport gelok wil word .

Alles goed en wel vir Fernando om te sê dat N4 die sport bekostigbaar maak en dat privaat spanne nou om algehele oorwining kan meeding, maar realisties gesproke is daar nie baie mense wat sy konsep van "privaat" kan onderskryf nie .

Danksy puik ondersteuning van Hyper Agrochem sal Werner Koekemoer vanjaar wel aansluit in hierdie geledere met n N4 Subaru en hoewel ek sy vernuf agter 'n stuurwiel baie hoog ag hoop ek gewis dat die eerste seisoen se skoolgeld oorleef sal word met 'n goeie resultaat op beide WP en SA vlak.
Leon Botha
Die foto wel in die Kaap geneem en dit kan enigeen agter die stuur wees.


Kosie Swanepoel se toekoms in tydrenne loop hand in hand met wat daar ookal in die vooruitsig is op SASCAR en/of ander ren formules, maar ek wil dit waag om te sê dat indien hul hom nie opraap nie dit tot voordeel van WP tydrenne sal wees . Hierdie man het ondanks bitter min ondervinding op grondpaaie, 'n blywende indruk gemaak en daar is sterk sprake dat hy sal terugkeer in Vetpret 2 , die M3 aangedrewe BMW 328i van Werner Koekemoer.

Andy Haigh-Smith het klaarblyklik die A6 Corolla van Jean-Pierre Damseaux aangeskaf vir die SA kampioenskap en hul sal steeds die WP reeks aandurf met die A6 Conquest.

Leon Botha
Fernando Rueda in sy ekstra motor, die ou stadige Evo VII
Die terugkeer van voormalige WP Clubmans kampioen, Thorsten Pey, in 'n Forsdicks BMW 328i sal ook beslis aandag trek en hy het in sy Golf dae bewys dat hy intelligent kan bestuur en motors by die huis kan kry.

John Ramshaw het die stuur van die Dave Gregory BMW 323i afgestaan om Thorsten te ondersteun . Martin Esterhuyse is genoem as moontlike plaasvervanger in die 323I .






Comments written by other visitors


>> There are no messages <<






      Members



      Site features
   Online discussion forums
   TV shows
   RallyStar prizes
   Photo galleries
   Motorsport calendar



Copyright © 2003 - RallyStar.co.za
All Rights Reserved