Rally Events Photos Competition


/ Middelburg Nissan / News Updates
FILES TO DOWNLOAD

  • Kliek om inskrywingslys te open (Save en open)
  • Kliek - save en open dan Tyd en afstand skedule
  • Kliek om kaart oop te maak

    WAT, NOG ‘N NATIONAL?
    Charl Wilken in aksie tydens die Belfast tydren.
    Wie kan jou blameer as jy so na die inskrwingslys vir die Middelburg Nissan byeenkoms hierdie naweek kyk, en jy dink dis nog ‘n nasionale tydren wat skielik op die kalender verskyn het?

    Dit lyk amper soos die good, the very goods, and the too goods – as mens so na die inskrywingslys kyk. Al wie omtrent kort is Serge, Enzo en Habig en ons kan nasionaal, nasionaal speel.

    Vir diegene wat sommer binne loopafstand (dis nou in die ou dae) hier van Pretoria af na die tydren wil gaan kyk, gaan dit die meite werd wees. Daar is heel party karre wat getoets gaan word vir die Toyota Handellaarstydren op 8 en 9 April 2005 in die Kaap.

    Etienne Lourens toets sy Toyota S2000 wat in Durban net eenvoudig geweier het om aan die gang te kom, die naweek. Dit beteken dat ons ten minste een S2000 Toyota, netsoos op die Hitachi tydren gaan sien. Dit sal interessant wees om te sien of hy sommer uit die staanspoor uit onder die res gaan uitkom of nie. Etienne rkeen dat die ou dingetjie bietjie sukkel om weg te kom, maar as hy aan die gang is, dan is daar blykbaar pêre! Die kar hanteer reeds baie goed en daar is nog skaars aan die suspensie en ander armpies en so aan gestel.

    Teoreties voorspel dit natuurlk niks goed vir die Visser du Plessis en Callie van der Merwes nie.
    Theo Venter en Christelle Barnard


    Maar kom ons begin by die “klein kannetjies”. In S1 gaan Vusi Mabanga en Eugene Lourens probeer om bietjie oefening in te kry as wat die geval in Natal was en hulle word die stryd aangesê deur die kombinasies Pedro vd Walt / Pierre Jordaan in ‘n Golf, terwyl Joe en Koos van Rensburg die Sahra Datsun GX1200 gaan rondgooi.

    In Klas S2 gaan dit sommer heelwat beter. In die klas gaan nie minder nie as 7 S2’s in die gewone klas meeding, terwyl daar nog verder 6 in die Sahra klas gaan jaag so wat hul kan.

    In die Sahra afdeling is dit effens makliker om jou geld op ‘n wenner te waag, en ek so sê dat die odds op Benvd Westhuisen redelik laag gaan wees – so ‘n 5/2 behoort die ding te doen. 3/1 op Guillaume Jordaan en 5/1 to 10/1 verder af.

    Op papier behoort hulle natuurlik in die volgorde soos op die wegspringlys te eindig, maar wie is papier nou om so iets te probeer voorspel?

    Liebenberg en Ehlers behoort mekaar egter besig te hou, terwyl Japie en Rudi Roos hulself ook nogal lastig kan maak. Dries Viljoen en Fanie Lindeque jaag lyk my meer vir die lekker as die resultaat, maar wie weet wat gaan geberu as hulle ernstig raak.

    Nou kom ons by die bielie van ‘n klas – S3 waar daar nie minder nie as 27 jaers meeding.

    Nicolas Ryan in aksie - Belfast Tydren
    Nicolas Ryan ry nog so effe op die rug van sy klassifikasie in die Subaru en daarom is die feit dat hy voor Charl Wilken wegtrek natuurlik bietjie misleidend. Hy en schalk van Heerden in die Golf behoort egter heel goed van hulself rekenskap teen die feitlik fabrieksinskrywing van Wilken te gee – maar dit is so half om met ‘n mes na ‘n “gun fight” toe te kom.

    Dit is egter nie uitgemaakte saak day Ryan tweede gaan wees nie, nee wat, daarvoor is daar te veel ander omgekrapte manne agter warm karre se stuurwiele. Jaco Venter – vars van ‘n goeie vertoning af in Durban, is sekerlik nou weer lus om die pap dik aan te maak, hy en Armand du Toit gaan alles in die stryd werp om die Baker Broers in toom te hou. Dan is daar natuurlik nog Schalk Burger en Wimpie van Greunen wat nie elke man se speelmaats is wanneer dit by jaag kom nie. Klein groot Burgertjie het so hier en daar die regte geen geerf en weet meeste van die tyd wat hy agter die stuur van ‘n kar doen.

    Hierdie lys hou eenvoudig nie op nie – Danie van Hengel en Paul Bothma was nog altyd goed genoeg om die kaarte om te krap, maar dan is daar ook niks met Scott Howden en Willie van Straaten se vermoeëns verkeerd nie.

    ‘n Baie interessante kombinasie is die van Stephan Wilken en Megan Verlaque. As Stephan sy nuwe kar ry, gaan dit nogal keer kos om hom uit die top drie posisies in die klas te hou – maar ons sal maar eers moet sien.

    In die Sahra kategorie sal ek maar liefs nie my opinie waag nie, maar dit lyk nogal of die Jacobse en ‘n sekere Venter, sake gaan uitspook.

    In S4 gaan ek my geldjies op die van der Merwe kombinasie, Johan en pa Leon, van die Atsui (of Vuurwarm – of dalk kookwater) span sit. As die Ritsen egpaar of die Oliviers egter vastrap en ernstig begin jaag, gaan dit ook nie sommer net vir wegry wees nie.

    Weereens soos hulle in daardie sport waar hulle ‘n ovaal bal gebruik sê, die diepte strek baie verder as sommer net hier bo langs. Dit sal eerlik waar nie vergesog wees om te sê dat in hierdie klas ook maklik een van ses of sewe spanne met die prys kan wegstap nie. Hier gaan dit harde bene wees om te kou en toeskouers kan hulle regmaak vir top gehalte vermaak.

    Nou kom ons by die groot kanonne – die S4’s maar ongelukkig vir hulle ry daar ‘n G8 kanon – of beter bekend as ’n S2000. Dis nou nie in dieselfde klas nie, maar ek is seker dat hulle almal dieselfde doel voor oë het – die eerste plek algheel.

    Ongelukkig is daar nie een van die jaers wat, as mens die werkverrigting van Serge se S2000 tydens die deel wat hy wel in Natal gery het, in aanmerking neem wat saam met Etienne gaan kan ry nie.

    en dan is daar Charles en Camilla in aksie
    Callie van der Merwe is super vinnig in die streekkampioenskap tydrenne, veral mielielande en dies meer, maar Etienne is daar om sy kar te toets, en hy gaan wil kyk wat breek en wat nie.

    Visser du Plessis en Thilo behoort op papier voor te jaag in S4 en ek het ‘n idee hulle gaan dit ook dalk regkry, maar hulle gaan kwalik genoeg skietgoed vir die ander, laat staan nog wir Lourens hê.

    Jose Ferreira behoort goed van homself rekenskap te gee, terwyl Rocky eenvoudig nie belangstel om werklik daar voor te jaag nie. Lola Verlaque en Carolyn Swan ook 'n effens vreemde kombinasie, gaan seer sekerlik ‘n paar manne baie besig hou, en ek sal nie verbaas wees as hulle in die top 7 posisies eindig nie.
    Schalk Burger & Willie van Greunen


    Die RallyStar voorspelling vir Saterdag; as Lourens se kar start, natuurlik, is:

    1. Lourens
    2. Du Plessis
    (van der Merwe*)
    (Jose Ferriera)
    3. Charl Wilken
    4. Jaco Venter
    5. Kobus Roos
    6. George Baker
    7. Nicolas Ryan
    8. Burger
    9. Reynecke
    10. Verlaque
    (*twyfel of hulle sal klaarmaak)

    Miskien moet ek maar nou al sê dat ek hoegenaamd nie so veilig voel met die voorspelling dat ek klomp geld daarop sal sit nie.

    Die tydren begin Saterdagoggend om 9h00 in Middelburg - sien hieronder.


    Net vir deelnemers se gerief publiseer ons sommer die Bulletin hier:

    2005 MIDDELBURG NISSAN / WITBANK AUTO

    19 March 2005

    BULLETIN 1

    NB: PLEASE REMEMBER THAT YOU HAVE TO PROVIDE YOUR OWN CAR NUMBER AS PER THE ENTRY LIST

    1. Thank you for your entry which has been accepted.

    2. Enclosed please find an entry list showing your competition number, scrutineering time and start time. Your starting position may be adjusted.

    3. Enclosed is a map of the start venue indicating the documentation and scrutineering areas.

    4. Two advanced life support ambulances will be on the route, manned with 2 advanced life support paramedics and 2 intermediate life support paramedics.

    5. Summary of the event is as follows:

    START 09:00 Middelburg Nissan
    17b Church Street, Middelburg
    89.10 km stages (1.60 tar / 87.50 dirt)
    86.98 km open sections

    REFUEL Servicing and refuel along side the road.

    END 14:50 Rondebosch Range

    6. Competitors are requested, for publicity purposes to please comply with the enclosed scrutineering times.

    7. Completed scrutineering forms must be handed in at the START MARSHAL before starting the rally.

    8. CREWS ARE REQUESTED TO REFRAIN FROM MAKING EXCESSIVE NOISE WHEN DRIVING THROUGH THE TOWN. THIS ALSO APPLIES TO THE SERVICE CREWS.

    9. TO GET TO THE FINISH VENUE: From Middelburg follow Jan van Riebeeck Street (R104) towards Belfast for approximately 5 km and turn right at sign post Rondebosch Range (old Towers Motel).

    10. ID Cards (SSR 193 [7.2]) are obtainable at Documentation.

    11. There will be NO safety notes on the event.

    12. At the prize-giving a meal will be available at a cost of R20.00 per meal. The menu will offer you a choice between “Hamburger & Chips”; “Curry and Rice” or “Cold Meat & 2 Salads”.

    13. Eats and drinks will be available at the start at Middelburg Nissan.

    14. Neck braces and class stickers will be available at scrutineering.

    15. Our chief medical co-ordinator will be Rolf Schana (082 550 5505)

    16. Officials: MSA Steward Ian Miller

    Competitors Liaison Hergen Fekken (082 449 1343)

    Scrutineers Alan Carter & Mac McFadden

    Environmental Officer Karen Gebert


    17. NO FUEL AVAILABLE ON THE ROUTE.

    18. Judges of fact:

    Andrew Kirby Neal Forrest
    Jeanne Venter Chris Barnard
    Irma May Louis Wiid
    Trevor Sutton Terry O’Neill
    Eddie Ahlers Christopher O’Neill
    Tony Crowder Cobus du Plessis
    Menno Havelaar Andre King

    The organisers would like to wish all competitors a safe and enjoyable event.

    WILLIE DU PLESSIS
    Clerk of the Course

    15 March 2005







          Members



          Rally Results
       Accommodation
       Browse Rallies
       Calendar of Events
       Teams
       Rally Clubs
       Photo Gallery
       Rally Cars



    Copyright © 2003 - RallyStar.co.za
    All Rights Reserved